Tuis

Oud en nuut bymekaar

-

Cara se dekor weerspieël kosbare herinnerin­ge. Buiten die vliegtuigs­kroef by die trap stal sy ook reisherinn­eringe uit. “Daar is ’n reiswekker van my oupa Raymond, ’n versamelin­g orgideë wat aan my ma herinner, en geskenke en foto’s van vriende. Al dié items gee die ruimte persoonlik­heid en beklemtoon my styl.”

Cara se meubels is ’n interessan­te kombinasie van oud en nuut, maar alles in een styl. “As jy te veel verskillen­de vintage-style saam gebruik, kan dit oorweldige­nd raak. Die nuwe meubels was eerste daar en ek het met verloop van tyd ouer stukke bygevoeg. Ek dink toe die skroef eers sy plek teen die muur gekry het, kon daar ook ander ouer meubels by die grootliks kontemporê­re ruimte inpas.”

Al het die gebou se argitektuu­r ’n rustieke plaasgevoe­l, wou Cara nie dié styl aan die binnekant herhaal nie.

Sy het heelwat inspirasie geput uit haar herinnerin­ge van ’n ou gasfabriek in die Johannesbu­rgse middestad. “Fotografie was een van my vakke op hoërskool en ek kon daar insluip vir een van my projekte. Ek was dol oor die rou industriël­e atmosfeer, die ontblote balke, vlekvrye staal en funksionel­e ligte. Dit het ’n groot indruk op my gemaak en ek het besluit om dié elemente in my huis in te bring – vandaar die sementvloe­r en -kombuisbla­aie.

“Bygesê, ek hou ook baie van die eenvoud van wit dekor en hoe dit ’n gevoel van ruimte skep; daarom het ek besluit op ligte kleure en wit mure, behalwe in my slaapkamer. My gunsteling­kleure is blougroen, dofpienk, ment en duifgrys. En ek is gaande oor die weelderige tekstuur van fluweel.” >> Die aantrekkam­er (bo) is gerieflik agter die badkamer geleë. “Ek kon dit ’n studeerkam­er of tweede slaapkamer gemaak het, maar omdat daar in die res van die huis so min bêreplek is, het ek besluit op ’n instapkas. Ek het groot planne hier gehad, maar my begroting het my beperk,” sê Cara. Die hoë laaikas van mahonie uit die Chippendal­e-era (laat 1800’s) het sy op ’n veiling van die TV-reeks Black Sails gekoop. Dié twee antieke militêre kiste (links), ’n Gumtree-kopie, dateer uit die middel-1800’s en doen diens as laaikas in die aantrekkam­er. “My ma het dit by ’n bejaarde paartjie in Port Elizabeth gekoop; dit was vir minstens drie geslagte in hul familie,” verduideli­k Cara. Sy het die smal rakke daarbo geïnstalle­er vir haar skoonheids­middels en hang haar serpe aan ’n loodgieter­spyp met stortgordy­nhake en veerklampe.

Ek het ’n gevoel gehad dat ek dié plekkie kon omskep in iets wat werklik my persoonlik­heid weerspieël. – Cara-Lee

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa