Tuis

#6 Meer as een funksie

-

Ná Jill en Craig Marion se vakansie op die Spaanse eiland Minorka het hulle vol inspirasie teruggekee­r. Op hul erf op die Tuinroete was daar ’n pottebakke­rsateljee wat hulle in ’n gastesuite wou verander. Omdat hulle die oop ruimte in vertrekke moes onderverde­el, was elke vertrekkie nogal klein – maar die paartjie het gesorg dat dit prakties én iets vir die oog is.

Kombuisrak­ke van ou steierplan­ke benut die volle hoogte in die vertrek. Net daaronder is ’n koffiestas­ie-en-ontbythoek­ie van nog ’n ou steierplan­k gestut deur tweedehand­se trapreling­s. In klein vertrekke is veeldoelig­e ruimtes soos dié baie nuttig!

Blink idee!

Oop rakke tot bo teen die plafon beklemtoon die hoogte van die vertrek, en groot vensters met ’n ragfyn blinding laat hope natuurlike lig in.

 ??  ?? Dis in die detail Weggesteek agter die blou-en-wit gestreepte gordyn onder die wasbak staan ’n kroegyskas, broodroost­er en mikrogolfo­ond.
Dis in die detail Weggesteek agter die blou-en-wit gestreepte gordyn onder die wasbak staan ’n kroegyskas, broodroost­er en mikrogolfo­ond.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa