Tuis

8 Gerieflik byderhand

-

Monica van der Berg was moeg vir die ongebruikt­e wynrak in dié hoek van haar huis in Proteavall­ei naby Kaapstad. Sy wou ’n praktiese ruimte hê wat ook ’n mooi fokuspunt sou vorm; daarom het sy besluit om dit op te dollie met linne-plakpapier en houtrakke op stutte wat ’n laag metaalverf gekry het.

Monica ruil gereeld die items uit wat hier staan sodat die hoekie altyd vars lyk.

Hake teen die muur is ’n praktiese toevoeging. “Dié ruimte is reg langs die deur na die motorhuis. Hier hang ons nou die kinders se sakke en baadjies sodat hul benodigdhe­de altyd gerieflik byderhand is! Dis so ’n veelsydige hoekie, en boonop mooi om na te kyk!” sê sy. Plakpapier van Hope Vol Hoop; muurhake van MRP Home

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa