Tuis

Kies ’n rankplant

-

Rankplante is ’n goeie keuse as jy kleur en tekstuur by ’n ruimte wil inbring; JJ van Rensburg van Garden World in Johannesbu­rg gee raad: • Jy het nie altyd latwerk nodig om ’n rankplant teen op te lei nie. Die meeste, soos klimop, kruipvy of die Mexikaanse trompetblo­m, kleef self aan die muur. • Oorweeg meer as een plant indien jy ’n groot muur wil toemaak. • As jy ’n rankplant oor ’n dakstruktu­ur wil laat groei, oorweeg die Mexikaanse trompetblo­m, bloureën, Catawbadru­if, sterjasmyn of Pandorea. Dié plante kort wel af en toe aandag en jy sal jou hand op hulle moet hou. • Immergroen rankers is oor die algemeen “netjieser” omdat hulle nie blare afgooi nie, maar dalk wil jy hê die son moet in die winter jou koue stoep ’n bietjie opwarm. • As jy hou van blomme, oorweeg rankers soos Mandevilla, rankrose, trompetblo­m of valsjasmyn.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa