Tuis

2 AL FRESCO-ELEGANSIE

-

Dié ruimte in Allison Graham en Samantha Robinson se huis in Melville was voorheen ’n onooglike ruimte met baksteenpl­aveisel waar hulle wasgoed opgehang het. Die paartjie onthaal graag en het besluit om dit in ’n intieme buite-eetarea perfek vir lang, luilekker middagetes te omskep.

Hulle het ’n Franse tema gekies en ’n afdak in die Provensaal­se styl laat maak. Dit bestaan uit ’n geboë staalstruk­tuur bedek met latte – en nou ook rankrose! “Die roos was reeds tuis hier. Ons het dit net vertroetel en oor die dak opgelei, en nou word ons beloon met skouspelag­tige blomme, asof die plant uitreik na die son!” sê Allison.

Volop groenighei­d, vars wit linne en elegante bykomstigh­ede maak dié binnehof perfek vir enige spesiale geleenthei­d. >>

 ??  ?? Die oorspronkl­ike hortjies is afgeskuur en vernis vir ’n vars nuwe voorkoms.
Die oorspronkl­ike hortjies is afgeskuur en vernis vir ’n vars nuwe voorkoms.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa