Tuis

3 ’N MAROKKAANS­E OASE

-

Weens die droogte in die Wes-Kaap het Karen en Michael Hodges se tuin in Durbanvill­e ’n lelike knou gekry. “Dit het ’n regte seeroog geword namate ons die dooie plante begin uithaal het – onder meer ’n rankplant wat pragtig teen die muur opgerank het,” verduideli­k Karen.

Vir ’n ruk het die hoekie in ’n opgaarplek ontaard, totdat die paartjie besluit het om dit as kuierplek met ’n Marokkaans­e voorkoms in te rig. Behalwe die grond se gelykmaak het hulle alles self en op ’n klein begroting gedoen. Die resultaat is iets waarop hulle met reg trots is. “Nou het ons die perfekte agtergrond vir ons Marokkaans­e roerbraai-etes, met die klank van ’n borrelende fontein en die sagte lig van geurkerse,” sê Karen.

Al wat hulle nog moet doen, is om die binnehof teen die elemente te beskerm. “Ons het oorhangend­e boomtakke verwyder en wil dakplate van deursigtig­e polikarbon­aat opsit om die reën – en enige ‘geskenkies’ van ons geveerde vriende – uit te hou!” sê Karen laggend.

 ??  ?? Die paartjie wou graag ’n fontein as aksent hê, maar kon nie ’n fortuin daaraan bestee nie. Michael het toe self een geprakseer met ’n plastiekba­k, bakstene en teëls. Bo en onder die koperkraan in die muur is treffende ronde potstaande­rs wat die...
Die paartjie wou graag ’n fontein as aksent hê, maar kon nie ’n fortuin daaraan bestee nie. Michael het toe self een geprakseer met ’n plastiekba­k, bakstene en teëls. Bo en onder die koperkraan in die muur is treffende ronde potstaande­rs wat die...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa