Tuis

RAAK KREATIEF!

Krytverf bly ’n gewilde gier. Kom leer by Tjhoko Paint en Tuis hoe om jou kreatiwite­it met dié veelsydige produk uit te leef!

-

Ons weet Tuis-lesers hou van mooimaak. As jy dit boonop self en met selfvertro­ue kan doen, des te beter! Maar is jy nog huiwerig om krytverf te gebruik? Tjhoko Paint, ’n trots Suid-Afrikaanse krytverf, het hande gevat met Tuis en bied ’n Tjhoko-toer aan – drie werksessie­s in verskillen­de dele van Suid-Afrika, én een in Namibië!

By dié werksessie­s, aangebied deur die Tjhoko Paint-kenner Nadine Vosloo, kan lesers hul eie tafeldekor maak en al die kunsies leer om na hartelus met dié verf te skep.

Dié sessies is ideaal vir enigiemand wat hou van mooi tafeldekor – van raakvatter-bruide tot graad-11’s wat werk aan vanjaar se matriekafs­keid.

Die sessies

Plekke is beperk tot 40 per sessie sodat elkeen individuel­e aandag kan kry. In elke sessie van sowat drie uur sal jy onder Nadine se bekwame leiding die volgende projekte kan voltooi (alles wat jy maak, is joune): 1 Doen ’n stensil-tegniek op ’n kaasbord (voor en agter) met Tjhoko Paint se Stencil of Paris, en verf dit dan in die kleure van jou keuse. 2 Versier ’n 250 ml-Consol-fles – ideaal vir konfyt of vir broodstokk­ies op jou ontbyttafe­l. 3 Verf ’n lapservet.

 ??  ?? Nadine Vosloo
Nadine Vosloo
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Die werksessie kos R450 per persoon. Tjhoko Paint verskaf al die materiaal en Tuis sal sorg vir eet- en drinkgoed! En onthou, alles wat jy maak, gaan saam met jou huis toe.
Die werksessie kos R450 per persoon. Tjhoko Paint verskaf al die materiaal en Tuis sal sorg vir eet- en drinkgoed! En onthou, alles wat jy maak, gaan saam met jou huis toe.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa