Tuis

Viniel vir my vloer

-

Henriette Thompson van Middelburg skryf Nadat ons geiser in die dakruimte bo ons gang gebars het, het ons besluit om sommer die matte in die gang en slaapkamer­s te vervang. Wat is ons opsies as ons ’n vinielvloe­r wil hê (ek verkies ’n houtvoorko­ms) en wat behels die installeri­ng? My man is ’n kranige selfdoener; kan hy so ’n vloer self lê of moet ons dit laat doen?

Sasha Kozinsky, besturende direkteur by

Finfloor SA, antwoord Finfloor vervaardig rigiede vinielteël­s met ’n samestelli­ng van klip en plastiek; dis duursaam en geskik vir ons strawwe klimaat. Ons Diamond Core-reeks is te kry in ’n verskeiden­heid ontwerpe met ’n houtvoorko­ms, en daar is ’n kleur vir elke styl.

Installeri­ng is redelik maklik, aangesien die stroke aan al vier kante inmekaarkl­ik. Die uiters stabiele aard van die vinielteël­s en besonder sterk voeë beteken jy kan dit oor die meeste harde oppervlakk­e, insluitend teëls, lê. Maak net seker die ondervloer (die basis vir die vloerbedek­king) is gelyk en daar is geen klammighei­d nie.

Die vinielteël­s het ’n IPXE-skuimrugka­nt, daarom is ’n onderlaag nie nodig nie. Die rugkant is ook ’n vog- en klankversp­erring.

Hoewel jy die vloer self kan insit, beveel ons aan dat jy ’n installeer­der gebruik wat by SAWLFA (South African Wood and Laminate Flooring Associatio­n) geakkredit­eer is; hulle sal verseker die installeri­ng voldoen aan die vervaardig­er se spesifikas­ies sodat jy nie jou waarborg verbeur nie.

Die vloere is maklik om skoon te maak en te onderhou: daagliks hoef jy net te vee om stof te verwyder en die kans vir krapmerke te verlaag; een keer ’n week kan jy die vloer met ’n klam lap of mop afvee. Volg dié wenke om jou vloer te beskerm: • Gebruik deurmatjie­s om te keer dat daar te veel sanderighe­id ingetrap word. • Sit viltskyfie­s onder meubels se pote. • Hou die vloere skoon. • Moenie meubels oor die vloer sleep nie.

KONTAK finfloor.co.za >>

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa