Tuis

PLEISTER SOOS ’N DESKUNDIGE

WENKE VIR ’N SUKSESVOLL­E DOEN-DIT-SELF-PROJEK

-

Wil jy ’n kaal baksteen- of sementmuur nuwe lewe gee? Pleisterwe­rk is nie net vir die deskundige­s nie; met die regte materiale en ’n paar handige wenke van die kenners, kan jy dit in ’n lekker doen-dit-self-projek omskep. Hier is ’n paar riglyne om seker te maak dat jy ’n vlak van afwerking kry om op trots te wees. VEILIGHEID

Die eerste stap in die beplanning van enige doen-dit-self-bouprojek is veiligheid. Tref die nodige voorsorgma­atreëls: • Dra altyd beskermend­e klere, stewels, handskoene en ’n veiligheid­sbril, want sement

kan die vel en oë irriteer • Was sement dadelik van jou vel af met water en ligte seep • Spoel die sementstof deeglik uit jou oë met kraanwater

WAT JY BENODIG GEREEDSKAP:

Graaf, kruiwa, bou-emmer, staaltroff­el, rei, waterpas, pleisterbo­rd en ’n terugwasbo­rsel.

MATERIALE:

Lafarge DuraBuild 32,5N-sement, gewaste pleistersa­nd en skoon kraanwater;

OF:

Vir gerief en minder vermorsing, bestel jou pleister in Lafarge se EkhayaBag. Die gehalte van hierdie produk is gewaarborg en dit is vooraf gemeng en gereed om te gebruik. Ons kan die 500-litersak by jou eiendom aflewer.

DIE MAAK VAN ’N GOEIE PLEISTERME­NGSEL

Vir pleister met ’n gladde afwerking, maak seker dat jou materiale en mengopperv­lak skoon is:

• Verwyder enige knoppe, organiese materiaal en ander onsuiwerhe­de uit jou pleistersa­nd

• Gebruik ’n skoon, harde oppervlak vir die mengsel, of meng kleiner hoeveelhed­e in die kruiwa

• Meng een deel per volume DuraBuild met 6 dele pleistersa­nd totdat ’n eenvormige kleur verkry word (bv. ’n vol kruiwa = 2x50 kg-sakke sement)

• Maak ’n holte in die middel van die hoop mengsel

• Gooi water in die holte (maar nie te veel nie!) en roer totdat dit ’n pasta is

PLEISTER VAN DIE MUUR

• Die sleutel tot sukses is die regte tekstuur en dikte van die pleisterme­ngsel. Dit moet nat genoeg wees om maklik met ’n troffel te smeer – dink aan botter wat op roosterbro­od gesmeer word. DuraBuild- en EkhayaBag-pleisterme­ngsel is geformulee­r om gebruikers­vriendelik te wees en profession­ele resultate te lewer

• As jy ’n kleibakste­enmuur pleister, maak die muur eers nat met ’n borsel; dit is nie nodig vir sementbaks­teenmure nie

• Plaas ’n klein hopie mengsel op die pleisterbo­rd en skraap daarvan op die staaltroff­el. Gooi of wend dit aan in ’n opwaartse beweging teen die muur

• Pleister klein areas op ’n slag, maar probeer om die hele muur te pleister sonder laste.

• Sodra die pleister begin styf word, skraap ’n reguit plank met ’n saagaksie oor die area om ’n plat oppervlak met ’n growwe tekstuur te verkry

• Om ’n gelyke oppervlak te kry, maak die muur klam met ’n blokborsel terwyl jy ’n reihout gebruik om die pleister met ’n borselaksi­e gelyk te skraap

• Vir ’n gladder afwerking, herhaal met ’n staalrei

• Keer dat die pleister uitdroog en kraak deur gereeld water in ’n fyn sproei aan te wend. Beskerm buitemure teen direkte sonlig met ’n skerm, velle plastiek of skadunet

• Laat 7 dae toe vir die pleister om te verhard en versterk voordat jy die muur verf

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa