Tuis

Kweekwenke

-

Posisie

Malvas vra son, goed gedreineer­de grond en genoeg lugsirkula­sie. Malvas in potte verkies son in die oggend en skaduwee in die middag. In die tuin kan die meeste malvas in volson groei; dis net die kloutermal­vas wat meer skaduwee verkies.

Voeding en water

Volwasse plante in potte en hangmandji­es kan elke sowat 10 weke in hul groeifase met ’n seewiervoe­ding soos Kelpak gevoed word. Sou jy dit te gereeld toedien, sal dit tot oorvloedig­e blaargroei pleks van blomme lei. Of gebruik Pokon Geranium Plant Food van Hadeco. Vir malvas in beddings, werk kompos en beenmeel aan die begin van die groeiseiso­en by die grond in. Gevestigde malvas is gehard en het min water nodig. Maak dit net nat as die grond om die plant uitgedroog is. Dis beter om malvas te min as te veel water te gee.

Snoei

Snoei malvas wanneer die blomtyd verby is. Sny alle dooie of siek takkies uit en snoei gesonde stele met minstens een derde terug. Malvas kan in die somer liggies teruggesny word ná die eerste blomfase van die seisoen. Sny ook dooie blomme gereeld uit; dit moedig die plant aan om meer te blom pleks van saad te vorm.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa