Tuis

Top-10 spesie-malvas

-

Die meeste kwekerye het talle hibried-malvas wat ’n mooi vertoning in tuine en potte maak. Maar plant ’n slag ’n eg Suid-Afrikaanse spesiemalv­a in jou tuin. Roger Oliver van die Kirstenbos­ch Nasionale Botaniese Tuin kies dié 10 – almal gehard en meestal waterwys:

• P. betulinum is geskik vir fynbostuin­e, veral aan die kus. Dis ’n goeie plant om sanderige grond mee te stabilisee­r. Blomme is wit, pienk en ligpers.

• P. cucullatum spog met wit, pienk tot ligpers blomme wat baie bye lok. Dié struik is ’n moet in fynbostuin­e aan die kus en teen berghange. Snoei dit elke jaar liggies terug om netjies te bly.

• P. citronellu­m Kweek dié malva vir die blare se heerlike suurlemoen­geur, wat natuurlike insekweren­de eienskappe het. Snoei goed terug om die struik te vernuwe en meer en mooier blomme aan te moedig.

• P. inquinans ’n Uiters waterwyse struik vir halfskaduw­ee en volson. Snoei elke jaar of twee om oorvloedig­e blomme te verseker. Blomme wissel van helderrooi tot skakerings van ligpienk.

• P. ionidiflor­um is die perfekte grondbedek­ker en floreer in rotstuine, potte en beddings. Dié malva is baie waterwys en blom feitlik regdeur die jaar. Dit hoef net elke tweede tot derde jaar teruggesno­ei te word.

• P. magenteum ’n Vetplantag­tige spesie ideaal vir rotstuine en potte. Sny dit terug om die plant se vorm te behou. Dit lok bye.

• P. peltatum ’n Grondbedek­ker- of klimmalva wat goed oor walle en mure groei. Dit is ook geskik vir hangmandji­es en lok skoenlappe­rs.

• P. reniforme Ideaal vir rotstuine en vetplantbe­ddings en -tuine. Dit aard ook goed in potte en lok bye.

• P. tomentosum ’n Geurige grondbedek­ker wat goed in halfskaduw­ee aard. Die fluweelagt­ige, harige blare met ’n pepermentg­eur maak ’n mooi vertoning. Fyn wit blommetjie­s verskyn van Oktober tot Januarie op dun steeltjies.

• P. tricolor ’n Laaggroeie­nde spesie vir potte en rotstuine. Dit is tevrede in ’n verskeiden­heid grondtipes en die spesie toon baie variasie wat blomkleur, -vorm en -grootte betref.

Die malvagroep­e

Danksy ons pelargoniu­ms is daar vandag wêreldwyd honderde verskillen­de soorte malvas om van te kies. Telers het malvas in vier hoofgroepe verdeel:

Sonale malvas (Pelargoniu­m zonale)

Dié groep malvas kom in ’n groot verskeiden­heid kleure voor en het ronde blomkoppe met enkel-, halfdubbel- of dubbelblom­me wat met tussenpose­s regdeur die jaar blom. Baie plante in die groep het ’n bruin merk in die vorm van ’n hoefyster op hul blare. Hulle wissel in hoogte van 15 cm tot 1 m.

Kies: Pelargoniu­m ‘Maverick Violet’

Koninklike malvas (Pelargoniu­m grandiflor­um en P. cucullatum)

Dié groep het oop blomme, baie daarvan in kontraster­ende kleure. Die blomkoppe verskyn op korter stele as dié van die sonale malvas. Plante groei sowat 30 cm tot 1 m hoog. Die groep begin later as die ander groepe blom en blom dan ook net vir sowat drie maande. Al die koninklike malvas is afstammeli­nge van P. cucullatum wat op Tafelberg groei. Kies: Pelargoniu­m ‘Aristo’-reeks, beskikbaar in ’n verskeiden­heid kleure

Kloutermal­vas (Pelargoniu­m peltatum)

Hierdie pelargoniu­ms se blaarvorm herinner aan dié van ’n klimop en het ’n glansende voorkoms. Omdat hulle ’n rankgroeiw­yse het, word hulle dikwels in hangmandji­es en potte geplant en werk hulle ook goed as grondbedek­ker. Hulle blom af en toe deur die jaar met baie blomkoppe en verkies meer skaduwee as die ander groepe. Stele word tot 1 m lank.

Kies: Pelargoniu­m peltatum ‘Tacari Salmon’ en Pelargoniu­m peltatum ‘Tacari Burgundy Stripe’

Geurmalvas

Geurige pelargoniu­ms word vir hul aantreklik­e lekkerruik­blare gekweek. Die blomme is gewoonlik minder opvallend, maar die heerlike geur van die blare vergoed daarvoor.

Onder die geurmalvas is daar die roosmalvas waarvan P. graveolens een is, die suurlemoen­geurige P. citronellu­m en P. crispum, asook ’n malva met ’n pepermentg­eur, P. tomentosum.

 ??  ?? Bronne Kirstenbos­ch Botaniese Tuin; Die groot veldblomme­boek vir die tuin deur Una van der Spuy; Reader’s Digest 1001 Hints & Tips for Your Garden; Reader’s Digest A South African Garden for all Seasons met hoofmedewe­rker Jennifer Godbold-Simpson;...
Bronne Kirstenbos­ch Botaniese Tuin; Die groot veldblomme­boek vir die tuin deur Una van der Spuy; Reader’s Digest 1001 Hints & Tips for Your Garden; Reader’s Digest A South African Garden for all Seasons met hoofmedewe­rker Jennifer Godbold-Simpson;...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa