Tuis

Take vir Maart

- Deur Kay Montgomery

Groente in die voortuin

Die tuin-tot-tafel-benadering is al jare ’n gier vir kranige tuiniers – dit moedig mense aan om hul eie kos te kweek met plante wat ewe mooi as smaaklik en gesond is. Groente is boonop nie meer net bykos nie maar hoofkos, en restaurant­e probeer vermorsing beperk deur dele van groente wat voorheen weggegooi is, op nuwe maniere voor te sit.

So word broccoli-stele in skaafsels gesny en in slaaie bedien, rou murgpampoe­ntjielinte word ’n slaai en blomkoolry­s is ’n gewilde laekoolhid­raat-opsie wanneer jy stysel wil beperk.

Deesdae is daar ’n nuwe gonswoord: “veggimenta­ls”. Dis ’n samesmelti­ng van die tradisione­le met die informele: Groente, kruie en blomme word in blokke, trosse, driehoeke en vertikaal gekweek, wat ook beter bestuiwing tot gevolg het. Kontemporê­re groentetui­ne is stylvol, kleurvol, maar ook elegant!

Kleure, teksture en vorms is sentraal tot die ontwerp, nie net in die plante nie, maar ook in die harde elemente.

Hekke, potte, stutte en obeliske word in treffende kleure geverf en paadjies word afgebaken met materiaal soos verweerde bakstene wat teen ’n hoek gelê word, tou of terracotta­teëls.

Plant dié maand ’n wintersop-tuin – kies saailinge vir broccoli, kool, blomkool, seldery, spinasie en spinasiebe­et en plant dit tussen jou ornamentel­e plante!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa