Tuis

Aan die gang

-

Dié tyd van die jaar is die grond nog warm, wat nuwe of oorgeplant­e struike en bome help om sterk wortelstel­sels te vestig; teen die lente sal hulle dan stewige nuwe groei hê, bestand teen die wind en hitte. • Verdeel groot, oorgroeide agapante. As dit dig inmekaarge­groei is, trek die polle uitmekaar met twee vurke wat rug teen rug daarin gesteek is, of sny dit netjies deur met ’n skerp mes. Plant oor in vars grond op ’n sonnige plek, maar hou die polle redelik groot om te verseker dit blom volgende somer. • Verdeel oorgroeide polle irisse en plant van die jong, buitenste groei uit in goed gedreineer­de grond wat met kompos verryk is. Plant baardiriss­e só dat die bokante van die risome net-net aan die son blootgeste­l is. • Bedek die risome van Japannese irisse met grond.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa