Tuis

Nuut by die kwekery

-

Bacopa MegaCopa is ’n hibried van inheemse Sutera. Dit dra wit, pienk of blou blomme op ’n kompakte plant wat mooi sal lyk in ’n hangmandji­e of planthouer. Die MegaCopa-reeks vra volson in die winter en as jy dit in die lente op ’n plek met gedeelteli­ke skadu sit, sal dit tot in die somer blom. Dis heelwat meer hittebesta­nd as die oorspronkl­ike plant en die blomme is twee keer so groot. Omdat dit ’n geronde groeiwyse het, val dit nie oop in die middel nie en bly die plant van bo tot onder oortrek van die blomme. Hou die grond klam en voed een keer per maand met ’n vloeibare bemesting.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa