Tuis

Pienk meerjarige basilie

(Ocimum basilicum-spp.)

-

Wanneer dié plant vol in die blom is, is dit iets om te aanskou! Die blare is ’n goeie plaasverva­nger vir gewone basiliekru­id in geregte.

Kweek dit so Meerjarige basilie hou van volson en goed gedreineer­de grond wat met kompos verryk is. Dié klein struik groei 1,5 m hoog en wyd en sal gedy as dit elke maand met ’n kaliumryke bemesting verryk word. Anders as die gewone basilie kan ’n mens gerus dié plant aanmoedig om meer te blom, want sy somerblomm­e is ’n ware lus vir die oog! Bestuiwers, veral bye, is dol oor die blomme; breek dooie blomme af om nog blomvormin­g aan te moedig.

Wenk van die maand As dit genoeg water kry, sal die blare sappig en smaaklik wees; sonder water kan dit onsmaaklik word.

Het jy geweet? Die blare het ’n sterk reuk en hou plantluise, vlieë, myte en tamatiehor­ingwurms weg, wat dit ’n goeie metgesel maak vir tamaties, bone, murgpampoe­ntjies, eiervrug, kool en soetrissie­s.

Algemene probleme In gebiede met swaar ryp moet die plante beskerm word met ’n vliesbedek­king, na ’n meer beskutte plek verskuif of in ’n pot geplant word. Dit sal ligte ryp oorleef; die punte kan skade opdoen, maar snoei dit in die lente terug en dit sal weer uitloop. Gebruike in die tuin Gebruik ’n sterk aftreksel as natuurlike insekweerd­er om plantluise, myte en ander plae weg te hou, veral by dié wat in potte geplant is. Om miere te verdryf, meng asyn by en giet dit in miergate of tussen plaveiblok­ke. Gebruike in die kombuis Gebruik die blare vir geur in Italiaanse geregte, Thaise kos, geurryke souse, soppe en bredies. Fyngekapte blare werk wonderlik in tuisgemaak­te mayonnaise of ’n kruie-aïoli. Jy kan die blare droog en bêre.

KONTAK healthyliv­ing-herbs.co.za

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa