Tuis

Roostake vir elke streek dié maand

-

Somerreëns­treek Maak een keer per week goed nat en bemes met Vigorosa om voedingsto­wwe te vervang, veral as dit laas maand goed gereën het. Spuit gedurende koel en nat weer met Chronos (teen swartvlek) gemeng met Ludwig’s Insect Spray (teen plantluise, blaaspootj­ie en klein kewers). Rose Protector is ’n uitstekend­e alternatie­we opsie, maar kan nie meer as een keer per maand gebruik word nie. Winterreën­streek In droë dele kan jy gryswater gebruik, of gee elke roos 10 liter water een keer per week. Moenie bemes, kompos inwerk of dooie blomme afknyp nie. As jy kan natmaak, doen dit liewer minder gereeld, maar dieper vir 40–60 minute. Strooi ’n deklaag en spuit twee keer per maand met Ludwig’s Insect Spray teen rooispinmy­t en ander plae. Laeveld en KwaZulu-Natalse kus As donsskimme­l ’n probleem is, spuit met Chronos, wat dit in ’n mate beheer. Indien jou rose te dig of te hoog groei, dun die struike uit en snoei stele korter sodat daar plek is vir nuwes om uit te loop en deur die winter te blom. Bemes met Vigorosa en maak agterna goed nat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa