Tuis

Ludwig se rooshoekie

Ludwig Taschner gee raad oor dooie blomknoppe en sê hoe jy ontslae kan raak van kewers wat aan blomme vreet.

-

V: Ek het in Desember tien ‘Tawny Profusion’-struike gekoop en is regtig in my skik met hul vertoning. Ek het gehoor dat ek die dooie blomknoppe moet aanlos, maar wil liewer hê dit moet in oorvloed blom!

Wanneer jou rose minder water kry weens waterbeper­kings, moet jy maar die blomknoppe aanlos sodat daar soveel blare moontlik op die struik bly. Gelukkig sal ‘Tawny Profusion’ net aanhou blom, of jy dooie blomknoppe afbreek of nie. As die blomblare afval of hul kleur verflou, sny die blom en boonste twee blare af.

V: My geurige ‘Bella di Todi’-roos het ’n verstommen­de aantal perfekte blomme gedra, maar ons het skielik ’n probleem ontwikkel met kewers – hulle het binne ’n week die blomme afgemaai! Tog het hulle my ander geurige rose (‘Double Delight’, ‘Just Joey’ en ‘Sharifa’) geïgnoreer. Wat kan ek spuit?

Daar is ’n paar sterk insekdoder­s soos Karbaspray, Garden Ripcord en Cypermethr­in beskikbaar. As jy dit teen dubbelster­kte gebruik en op die kewers spuit wanneer hulle aktief is, sal jy so te sê dadelik van hulle ontslae raak (jy hoef nie die hele struik te spuit nie). Die kewers het jou ‘Bella di Todi’-rose geteiken omdat die spesifieke geur hulle lok, nie die blomme se kleure nie.

 ??  ?? ‘Bella di Todi’
‘Bella di Todi’
 ??  ?? ‘Tawny Profusion’
‘Tawny Profusion’
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa