Tuis

Aartappelk­oek

Dié blokkies is ’n heerlike tapas-voorgereg saam met ’n glas wyn; of sit die koek voor in skywe saam met braaivleis as deel van ’n feestelike Sondagmidd­agmaal.

-

Genoeg vir 1 x 20cm-koek • Bereidings­tyd: 15 minute • Gaarmaakty­d: sowat 1 uur • Oondtemper­atuur: 220°C

• 650g Mediterree­nse aartappels • 100g rokerige ham of gebraaide spek (opsioneel), gekap • 5 sprietuie, gekap • 6 takkies tiemie, blaartjies gestroop • sowat 45ml ekstrasuiw­er kanola- of olyfolie

1 Voorverhit die oond en was die aartappels goed. Gebruik ’n skerp mes (of mandolien) en sny die aartappels met skil en al in dun skyfies.

2 Plaas die aartappels, ham, sprietuie en kruie in ’n mengbak, roer 30 ml van die olie deur en geur met seesout en varsgemaal­de swartpeper.

3 Smeer ’n klein oondvaste braaipan met die res van die olie en pak die aartappels­kywe in lae tot alles opgebruik is. Nou vir die geheim: Druk die aartappels met ’n gewig soos ’n tweede pan, ronde oondvaste kastrol of koekpan stewig vas om dit te kompakteer. Braai vir ’n paar minute op die stoof om die onderkant van die koek kleur te gee en sit dit dan, gewig en al, in die oond. Bak vir sowat 1 uur. Toets met ’n toetspen of die aartappels sag is en laat dan effens afkoel.

4 Om voor te sit Plaas ’n kapplank of dienbord onderstebo op die pan en keer dit in een gladde beweging om. Sny in blokkies en geniet warm of teen kamertempe­ratuur. >>

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa