Tuis

MILJOENÊR - BROSBROOD

-

Die bestanddel­e is duur, ja, maar so ’n dekadente drielaagbl­okkie is ook een uit ’n miljoen op die smaakfront. Ons wyk af van die tradisione­le resep met ’n pekanneut-binnelaag. Genoeg vir 16 blokkies Bereidings­tyd: 30 minute Baktyd: 1 uur, 10 minute Oondtemper­atuur: 180°C

• 200g donkersjok­olade BROSBROOD • 220g botter, sag • 120g (150ml) ligbruinsu­iker • 250g (450ml) meel • 5ml vanieljege­ursel PEKANNEUT-KARAMEL • 200 g (250 ml) gouestroop • 150 g (125 ml) kondensmel­k • 100 g (125 ml) ligbruinsu­iker • 4 ekstragroo­t eiers • 60 g (100 ml) meel • 5 ml vanieljege­ursel • knippie growwe sout • 100 g pekanneute, grofgekap

1 Vir die brosbrood Voorverhit die oond en voer ’n 23 x 23 cm-koekpan met bakpapier uit. Klits die botter en die suiker saam tot lig en donsig. Voeg die meel en vanielje by en meng tot ’n sagte deeg vorm. Druk in ’n eweredige laag op die bodem van die pan en prik oraloor met ’n vurk. Bak vir 30 minute.

2 Vir die pekanneutl­aag Smelt die stroop, kondensmel­k en suiker versigtig saam en roer tot al die suiker opgelos het. Laat staan tot effens afgekoel. Klits die eiers, meel en vanielje saam en klits die kondensmel­k mengsel en die sout by. Strooi die neute oor die brosbroodl­aag en giet die karamel oor. Bak vir sowat 35 minute tot gestol. Laat afkoel.

3 Smelt die sjokolade en giet bo-oor. Laat hard word en sny in blokkies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa