Tuis

Panpizza

-

Die smeerkors kan maklik verdubbel word en is ideaal om ’n vinnige peuselhapp­ie op te tower vir ’n kuier wanneer die tyd knyp. Genoeg vir 1 pizza • Bereidings­tyd: 10 minute • Baktyd: 25 minute Oondtemper­atuur 200°C

• 210g (375ml) bruismeel • 100ml kookwater • 100ml olie • knippie sout en peper BOLAAG • pesto of tapenade vir smeer • 4 pruimtamat­ies, in skyfies gesny • 180g gerookte mozzarella­kaas • 150g salamiskyf­ies

1 Voorverhit die oond. Plaas die bruismeel, kookwater, olie, sout en peper in ’n groot mengbak en roer driftig tot ’n deegbal vorm. Knie vir ’n paar minute tot glad. Rol die deeg dun uit in ’n groot reghoek.

2 Smeer ’n lagie pesto oor die deeg en rangskik die tamaties, mozzarella en salami bo-op (indien moontlik, kies salami, kaas en tamaties waarvan die skyfies min of meer ewe groot is sodat dit ’n mooi patroon maak).

3 Bak totdat die kaas goudbruin en die kors bros is (sowat 25 minute). Sny in blokke en lê dadelik weg.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa