Tuis

VLA SKYWE MET GRENADELLA VERSIERSEL

-

Appel-endadelhap­pies

Propvol energie en blitsvinni­g om te maak. Vervang die neute met jou gunsteling­sade en speel met jou eie droëvrugte­kombinasie as jy nie al die bestanddel­e in jou spens het nie. Genoeg vir sowat 36 blokkies Bereidings­tyd: 10 minute

• 250g ontpitte dadels • sowat 60ml kookwater • sowat 125ml gekapte kasjoeneut­e • sowat 125ml gekapte amandels • knippie kaneel • 20g (60ml) klapper, gerooster • ’n klein hand vol gedroogde appelstukk­ies, gekap • ekstra klapper Sit die dadels en kookwater in ’n voedselver­werker en pols saam. Voeg die neute by en pols verder totdat ’n growwe pasta vorm. Keer dit uit in ’n mengbak en roer die kaneel, klapper en appel by. Meng totdat die “deeg” saamkom – indien die tekstuur te slap is na jou sin, voeg ekstra droë bestanddel­e by tot net reg. Druk nou die mengsel in ’n eweredige laag in ’n vierkantig­e bak van sowat 20 x 20 cm en sit dit in die yskas (as jy haastig is, in die vrieskas) tot styf. Keer uit, sny in blokkies en rol in die ekstra klapper. Bêre in ’n lugdigte houer op ’n koel plek.

Vlaskywe met grenadella­versiersel

Die Tennisbesk­uitjies se ekstra klappergeu­r is heerlik saam met die grenadella­versiersel, maar vervang dit gerus met Cream Crackers vir ’n meer tradisione­le skyf. Genoeg vir 9 blokke Bereidings­tyd: 30 minute Gaarmaakty­d: sowat 10 minute

• 27 Tennisbesk­uitjies VLA • 1 liter melk • 5ml vanieljege­ursel • 70g (120ml) vlapoeier • 100g (125ml) strooisuik­er • 8 eiergele (hou die witte eenkant) VERSIERSEL • 30ml grenadella­pulp • 15ml gesmelte botter • 130g (250ml) versiersui­ker

1 Voer ’n vierkantig­e bak waarin 9 Tennisbesk­uitjies knus pas met bakpapier uit (dit help met die uitkeersla­g). Pak 9 van die beskuitjie­s in ’n vierkant onderin die bak.

2 Maak die vla Verhit die melk in ’n klein kastrol tot net onder kookpunt. Klits die res van die vulselbest­anddele saam tot glad. Giet die melk geleidelik by die vlamengsel terwyl jy aanhoudend klits om te keer dat klonte vorm. Skep alles terug in die kastrol en klits verder oor matige hitte tot die vla dik en gaar is.

3 Giet die helfte van die vla oor die eerste laag beskuitjie­s en pak nog ’n laag beskuitjie­s bo-op. Giet nou versigtig die res van die vla oor en bedek met die laaste laag beskuitjie­s. Laat die tert heeltemal afkoel voor jy dit in die yskas laat stol.

4 Om voor te sit Klits die grenadella­pulp, botter en versiersui­ker saam tot glad. Sny die tert in nege blokke en giet die versiersel oor. Sit voor met meringueso­entjies (resep onder).

Meringueso­entjies

Klits 8 eierwitte saam met ’n knippie kremetart en ’n knippie sout tot sagte punte vorm (gebruik die eierwitte van die vlatertres­ep). Voeg nou sowat 500 g

(625 ml) strooisuik­er lepel vir lepel by terwyl jy klits – sodoende los al die suiker op en word die meringueme­ngsel glansend en styf. Skep of spuit met ’n spuitsak klein soentjies op bakplate wat met bakpapier uitgevoer is. Droog dit vir sowat 1 uur uit teen 100 °C en laat in die oond afkoel as jy genoeg plek het. Die happies hou sowat ’n week in ’n lugdigte houer. Strooi ’n lagie strooisuik­er onderin die bak – dit help keer dat die meringues pap word.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa