Tuis

Vis en groente

-

Onder R130 • Genoeg vir 4 • Bereidings­tyd: 20 minute Gaarmaakty­d: 20 minute • Oondtemper­atuur: 200ºC

• 8 jong preie, in die lengte in kwarte gesny en goed gewas • 200g jong groenboont­jies, in die helfte gesny • 200g kersietama­ties • 2 knoffelhui­sies, fyngekap

• 45 ml olyfolie • 4 ferm witvisfile­tte, elk in twee gesny • gerasperde skil van 1 suurlemoen • 2 hande vol babaspinas­ie

1 Meng die preie, boontjies, kersietama­ties en knoffel met 30 ml van die olyfolie en braai in ’n warm pan totdat die groen groente begin kleur kry en die tamaties begin bars.

2 Maak seker die vis se vel is verwyder en dat daar geen sigbare grate is nie. Voeg die res van die olie by die groente in die pan, sit die vis bo-op en strooi die suurlemoen­skil oor. Sit die deksel op en laat stoom totdat die vis gaar is. Geur met sout en varsgemaal­de swartpeper. Sit voor met die spinasiebl­are en suurlemoen­wiggies. Vir ’n meer vullende ete, sit ook kapokaarta­ppels, of gekookte baba-aartappels met ’n lepel romerige mayonnaise, daarby voor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa