Tuis

VINNIG EN MAKLIK!

Probeer dié gunsteling­e met sappige Suid-Afrikaanse varkvleis.

-

TORTILLAS MET VARK EN BOONTJIES Genoeg vir 4 • Bereidings­tyd: 20 minute Gaarmaakty­d: 10 minute

• 15ml olie • 500g vark-roerbraair­epies • 1 bossie sprietuie, gekap • 1 knoffelhui­sie, gekap • 30ml sesamsaad • 1 blik rooi nierbone, gedreineer

• ½ komkommer, geskil en gekap • 200g kersietama­ties, gekap • ’n hand vol vars koljander • 4–6 tortillas, gerooster • sriracha-rissiesous en mayonnaise vir voorsit

1 Verhit die olie in ’n pan, voeg die vark by en braai vir ’n paar minute tot dit begin verkleur. Voeg die sprietuie en knoffel by en braai nog ’n paar minute. Sprinkel die sesamsaad oor, voeg sout en peper na smaak by en braai tot goudbruin. Pasop dat jy nie die vleis te lank braai nie; dit sal taai raak. Voeg die boontjies by en laat deurwarm raak. Verwyder van die hitte. 2 Meng die komkommer, tamaties en koljander. 3 Smeer ’n bietjie mayonnaise aan elke geroosterd­e tortilla-helfte, gevolg deur ’n lepel slaai, dan vark en boontjies. Rond af met ’n bietjie sriracha-rissiesous.

 ??  ?? Wenk Rooster die tortillas in jou broodroost­er.
Wenk Rooster die tortillas in jou broodroost­er.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa