Tuis

VARKSOSATI­ES MET ’N TAAI PRUIMSOUS

-

Maak 8 sosaties • Bereidings­tyd: 30 minute Gaarmaakty­d: sowat 15 minute

• 500ml kookwater • 250ml klappermel­k • 250ml jasmynrys • 800g varkboud, in 2cmblokke gesny • ½ rooi ui, in blokkies gesny

• 1 groot rooi soetrissie, saad verwyder en in blokkies gesny • 16 lourierbla­re • 15 ml olyfolie • 60 ml pruimsous • lemmetjiew­iggies vir voorsit

1 Bring die water en klappermel­k tot kookpunt en geur met sout. Roer die rys by, bedek en laat prut oor matige hitte tot die rys gaar is en al die vloeistof geabsorbee­r het. Verwyder van die hitte en laat staan vir sowat 5 minute.

2 Ryg die vark, uie, soetrissie­s en lourierbla­re op sosatiesto­kkies. Braai aan alle kante in die olyfolie. Verf met die pruimsous en giet ’n skeut water in die pan. Bedek en laat kook vir ’n paar minute voor jy die deksel afhaal en die sous laat inkook tot taai. Sit voor met die klapperrys en lemmetjiew­iggies.

 ??  ?? Wenk Week die sosatiesto­kkies vooraf in water sodat dit nie brand terwyl dit in die pan is nie.
Wenk Week die sosatiesto­kkies vooraf in water sodat dit nie brand terwyl dit in die pan is nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa