Tuis

HARISSA-GEGEURDE VARKTJOPS

-

Genoeg vir 4 • Bereidings­tyd: 10 minute Gaarmaakty­d: 20 minute

• 12 baba-aartappels • 125ml bevrore ertjies • 60ml botter • skil van 1 suurlemoen

• 4 varklendet­jops sonder vel • 15–30 ml harissa* • 15 ml olyfolie • 125 ml mikro-basilie

1 Halveer die aartappels en kook in soutwater tot gaar. Dreineer en voeg die ertjies en botter vinnig by die warm aartappels in die pot. Maak die deksel toe en laat die ertjies ’n paar minute stoom tot sag. Geur met sout, peper en suurlemoen­skil. Werk deur met ’n aartappeld­rukker, maar los dit effens grof.

2 Vryf die tjops in met die harissa en olyfolie. Verhit ’n pan en braai die tjops vetkant eerste tot goudbruin. Braai die tjops dan aan weerskante tot gaar en goudbruin oraloor maar steeds sappig. Gooi ’n skeut water in die pan as dit lyk of die sous gaan vasbrand. Afhangend van die dikte van die tjops behoort dit sowat 3–5 minute per kant te neem. Laat die vleis rus en skep dit dan op die growwe kapokaarta­ppels. Strooi ’n hand vol kruie en ’n bietjie suurlemoen­sap oor.

* Harissa is ’n Tunisiese pasta van rooi soetrissie­s, rissies en speserye. Jy kan dit vervang met jou gunsteling-rissiepast­a of -invryfmeng­sel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa