Tuis

VARK-EN-SAMPIOEN PANNEKOEK

-

Genoeg vir 6 • Bereidings­tyd: 30 minute Gaarmaakty­d: 40 minute

• 2 eiers • 250ml bruismeel • 350ml melk • 80ml olie • 30ml gekapte grasuie • 30ml olyfolie • 400g varkmaalvl­eis

• 400g sampioene, gekap • 10ml meel • 125ml room • 125ml aftreksel • 250ml gerasperde wit cheddar

1 Klits die eiers, meel, melk en olie saam tot glad. Voeg ’n knippie sout by en giet die beslag deur ’n sif om seker te maak daar is nie klonte in nie. Roer die grasuie in. Verhit ’n middelslag-pan, voeg ’n druppel olie by en skep ’n bietjie van die beslag met ’n soplepel in die pan (maak seker die beslag bedek die hele boom). Bak vir ’n minuut of twee, draai die pannekoek om en bak aan die ander kant. Herhaal tot al die beslag opgebruik is (8–10 pannekoeke).

2 Verhit die olyfolie in ’n ander pan en braai die vark en sampioene tot lekker bruin. Geur na smaak met sout, peper, neutmuskaa­t en jou gunsteling-kruie. Roer die meel in en braai vir ’n minuut. Klits die room en aftreksel by en kook tot ingedamp en amper droog.

3 Vul die pannekoeke met die vleismengs­el en pak in ’n oondvaste bak. Sprinkel die kaas oor en rooster tot goudbruin.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa