Kerrie-meesterklas
Curry (R395; Human & Rousseau) deur die joernalis en kok Ishay Govender-Ypma, kombineer die resepte en stories van meer as 60 koskenners landwyd – van krap- en soutviskerrie uit KwaZulu-Natal tot Calvinia-afval; van kasi-bief uit Orlando-Wes en Qunu tot Karoo-wild; selfs kerkbasaar-kerrie-en-rys tot vegetariese dhal.