Tuis

Blokraai #121 WEN boeke ter waarde van R1 500

-

Penguin Random House SA-boeke ter waarde van R1515!

In Amelia Fang and the Memory Thief deur L.E. Anderson besoek Amelia en haar vriende ’n temapark, waar mense vreemd optree. The Chestnut Man deur Søren Sveistrup is ’n atmosferie­se riller oor ’n reeksmoord­enaar. Die navorser dr. Brené Brown onthul in Dare to Lead hoe dapper leiers optree en ’n verskil maak. Die groot boek met sprokies bevat agt klassieke stories, soos oorvertel deur Saviour Pirotta. Nine Perfect Strangers is die jongste roman deur die trefferskr­ywer Liane Moriarty. In Peppa Meets Father Christmas deur Peppa Pig verras Kersvader Peppa se skool. The Rains deur Gregg Hurwitz bring alles wat jy as kind geniet het (ruimtewese­ns en die oorwinning van goed oor kwaad) op ’n nostalgies­e wyse bymekaar. Die eerste agt lesers wie se korrekte blokraai ons trek, wen die boeke ter waarde van R1515!

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa