Tuis

Kosbare kuiers

-

Michelle Botha van Somerset-Wes skryf Elke maand nael ek posbus toe om my Tuis te gaan haal en dan blaai ek dit van voor tot agter en weer van agter tot voor deur. Nou eendag het ek ’n middagete vir vroue by my huis gehou ter ere van iemand baie spesiaals wat op trou staan. Sommer ietsie kleins en informeels. Maar as gaste by my tafel aansit, wil ek hê hulle moet spesiaal voel, of dit nou ’n beplande kuier is of net ’n impulsiewe saameet en -gesels. En al die inspirasie, idees en passie om iets moois en spesiaals vir my gaste te doen, word deur julle wonderlike tydskrif aangewakke­r – van die kos-idees en lekkerlees-artikels, tot versierde tafels. Ek kan nie wag vir die volgende uitgawe nie!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa