Tuis

OP DIE KASSIE

-

In Desember neem VIA (kanaal 147) ons op ’n eksotiese kosreis. Vertrek om 19:00 op Kersdag met Ottolenghi se

fees in die Midde-Ooste – van die speserymar­kte in Marokko tot eksotiese eetplekke in Istanboel. Proe die opwindende geure by hul restaurant­e en straatstal­letjies en berei dan self ’n fees! In Ons praat oor: Die kok wat alles verander het op Saterdag die 29ste, om 15:30, stel Nigella Lawson ons voor aan Anna Del Conte, die Milanese huiskok wat die wêreld se houding teenoor Italiaanse kos verander het in ’n tyd toe olyfolie net by spesialisw­inkels en aptekers te koop was. Sy gesels oor haar lewe in die koswêreld en deel smullekker resepte.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa