Tuis

SKEP & VERNUWE

-

BESIGHEID This & That Ceramics WIE Anita Steenkamp WAAR Krugersdor­p, Gauteng

HAAR WERK Anita maak die mooiste keramiekwa­re in ’n ateljee wat sy sommer in haar garage ingerig het. “Ek sit my hart en siel in elke item omdat ek alles met die hand maak; soms werk ek reg deur die nag. Maar ek verruil dit vir niks!” sê sy.

Anita was ’n tuisblyma, maar toe haar dogter aan die begin van die jaar skool toe is, het sy agtergekom sy kan nou haar kreatiwite­it uitleef en haar droom om ’n keramiekku­nstenaar te word, bewaarheid. Nadat sy foto’s van haar eerste skeppings op Facebook gedeel het, het die bestelling­s begin instroom; kort daarna het sy haar webtuiste, thisandtha­tceramics.co.za, op die been gebring.

“Ek voel geïnspiree­r om dinge te skep wat ek graag in my eie kombuis wil hê. As ek iets voorsit, moet dit op iets moois of interessan­ts wees – ek glo dit laat die kos beter smaak!” verduideli­k Anita.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa