Tuis

In groen en goud

-

Al wat jy nodig het om dié loofryke krans te maak is ’n kartonwiel vir die basis, geharde blare en takke (soos magnolia, suurlemoen, lourier, sipres of den), metaal- of spuitverf en ’n gompistool. Snuffel in die tuin rond vir blare met verskillen­de vorms en teksture, maar onthou, die idee is dat die blare aan die krans moet uitdroog en nie verwelk nie, so kies geharde blare bo fyn loof.

Spuitverf ’n paar takkies in metaalkleu­re en laat dit droog word; gebruik dan jou gompistool om die kunswerk saam te stel. >> Geïnspiree­r deur die blog pieceofrai­nbow.com.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa