Tuis

In die rondte

-

Dié vetplant-bal is gemaak van twee hangmandji­es gevul met potgrond en bloemistes­kuim om ’n bal te vorm. Dis toe versigtig beplant met allerhande soorte vetplante van The Pink Geranium-kwekery.

As jy jou eie wil maak, onthou om die vetplante oorgenoeg tyd te gee om wortel te skiet; voed dit met water en ’n vloeibare misstof in ’n spuitbotte­l. Dit maak nie saak of jy een soort vetplant of ’n verskeiden­heid kies nie, die effek is ongeloofli­k mooi wanneer dit oraloor met blomme oortrek is. Jy kan soortgelyk­es direk bestel by The Pink Geranium.

Dis ’n geskenk wat aanhou groei! – Biddy Riley, The Pink Geranium

 ??  ?? VERSKAFFER­S Neat Things 082 967 6675, neatthings.co.za The Pink Geranium 021 884 4313, thepinkger­anium.co.za
VERSKAFFER­S Neat Things 082 967 6675, neatthings.co.za The Pink Geranium 021 884 4313, thepinkger­anium.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa