Tuis

’n Krui vir elke geur

-

’n Klein, geurige krans van geharde kruie soos roosmaryn of laventel sal hemels ruik, en dit sal lieflik lyk aan ’n stoel se rugleuning of teen jou agterdeur. Draai die takkies in ’n sirkelvorm (maak seker al die blare lê in een rigting) en draai dit vas met ’n lint.

As jy wil hê jou krans moet sy vorm behou, maak ’n draadsirke­l waaraan jy die kruie kan vasmaak. Ons het rissies bygesit vir kleur en sitrusskil-sterre vir ’n bietjie flair. Gebruik ’n koekiedruk­ker om die sterretjie­s uit die skil te druk, steek ’n gaatjie daarin met ’n sosatiesto­kkie en ryg dit aan die krans. Namate die sterretjie­s uitdroog, sal hul vorm verander en ’n subtiele geur vrystel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa