Tuis

[ DEK ’N TAFEL]

-

Serina dek graag ’n mooi tafel vir spesiale geleenthed­e. Sy gebruik Franse linne in lae as tafeldoek, met geborduurd­e plekmatjie­s van Ierse linne bo-op. Kerse in antieke koekstaand­ers van geslypte glas gee ’n vars kinkel tussen elegante silwerkand­elare en -messegoed.

“Die antieke messegoeds­tel met beenhewwe kom van Nerf-Af en die Kings-messestel was nog my ma, Mary de Villiers, s’n; dit is daarom baie spesiaal vir my,” vertel Serina. “Daar is so baie goed van my ma in my huis en ek glo daaraan om alles te gebruik.”

Hoewel die Royal Doulton-eetstel nuut is, lyk dit outentiek met sy grys motief op ’n wit agtergrond en goue rand. “Niks was regtig haarfyn beplan nie – ek gebruik maar net graag wat ek het en wat vir my mooi is,” vertel Serina. >>

 ??  ?? Eugene het die krans bo die tafel gemaak deur dryfhout van Stilbaai met kabels en ogiesdraad aanmekaar te bind sodat ’n mens maklik iets daarin kan druk of daaraan kan hang – soos die blou en groen Krismisros­e vir dié Kersfees. Gehekelde doilies verskaf detail op die stoele. Die nuwe kombuiskas­te se steenkoolg­rys kleur is spesiaal gemeng en blou mosaïekteë­ltjies bo die stoof komplement­eer die nerf-af eiland. Kombuiskas­te deur Holly Wood Kitchens and Furniture; werkblaaie van Caesarston­e; teëls van CTM
Eugene het die krans bo die tafel gemaak deur dryfhout van Stilbaai met kabels en ogiesdraad aanmekaar te bind sodat ’n mens maklik iets daarin kan druk of daaraan kan hang – soos die blou en groen Krismisros­e vir dié Kersfees. Gehekelde doilies verskaf detail op die stoele. Die nuwe kombuiskas­te se steenkoolg­rys kleur is spesiaal gemeng en blou mosaïekteë­ltjies bo die stoof komplement­eer die nerf-af eiland. Kombuiskas­te deur Holly Wood Kitchens and Furniture; werkblaaie van Caesarston­e; teëls van CTM

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa