Tuis

’n Tikkie Franse flair

-

Serina weet net hoe om aan ’n splinternu­we huis ’n lieflik ingeleefde gevoel te gee met vintage- en antieke meubels. Maar moenie glo haar huis is ’n replika van haar winkel nie. Waar sy in die winkel spesialise­er in nerf-af meubels, is haar eie styl eerder “vars vintage” gekombinee­r met ’n tikkie Franse flair. As ’n nooi De Villiers loop daar immers ’n stewige dosis Franse bloed deur haar are! Sy kies om dié erfenis subtiel in haar dekor in te bring.

“Die meeste meubels kom uit my vorige huis, maar ek het tog die afgelope twee jaar ’n paar stukke spesifiek bymekaarge­maak vir ons nuwe huis – veral groot Franse hangkaste, omdat ek geen ingeboude kaste in die huis wou hê nie,” vertel sy. Heelwat van dié kaste is afkomstig van Strand Trading Post en het perfek in die huis met sy hoë plafonne gepas. “Die ding van Franse kaste is dat jy nogal heelwat spasie daarvoor nodig het,” verduideli­k Serina. “Met dié styl moet meubels mekaar aanvul en nie met mekaar meeding nie – die balans moet reg wees.

 ??  ?? Hangkas van Strand Trading Post; chaise longue van Nerf-Af; gelamineer­de vloer van Flooring Depot; plakpapier van Paint & Decor Serina het die bedkopstuk in die hoofslaapk­amer by haar ma gekry. “Nie my broer of suster wou dit hê nie omdat dit soveel plek opneem!” Sy het dit met Franse linne laat herstoffee­r en het self die raam met ’n verftegnie­k afgerond. Nou pas dit perfek! Oor die bed is ’n deken wat van België af kom, met ’n Franse monogram daarop. Ligblou plakpapier met ’n tikkie goud dra by tot die rustigheid.
Hangkas van Strand Trading Post; chaise longue van Nerf-Af; gelamineer­de vloer van Flooring Depot; plakpapier van Paint & Decor Serina het die bedkopstuk in die hoofslaapk­amer by haar ma gekry. “Nie my broer of suster wou dit hê nie omdat dit soveel plek opneem!” Sy het dit met Franse linne laat herstoffee­r en het self die raam met ’n verftegnie­k afgerond. Nou pas dit perfek! Oor die bed is ’n deken wat van België af kom, met ’n Franse monogram daarop. Ligblou plakpapier met ’n tikkie goud dra by tot die rustigheid.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa