Tuis

‘Wanneer George se winkels ekstra yskaste begin indra vir die toeloop van vakansiega­ngers oor die Kersseisoe­n, vat ons die pad plaas toe.’

-

Want vir Marliza van den Berg en haar gesin raak dié dorp dan net te besig. “Ons ry met ’n vreeslike pakkasie,” lag sy. “Dit lyk seker vreeslik kommin! Buiten ons honde, Bakkies en Frik, Koos die kat en al die vars produkte, piekel ons ook allerlei boerderybe­nodigdhede saam – op ’n keer selfs lewende hoenders en duiwe.”

Hoewel die snikhete Karoo beslis nie ’n tipiese Kersvakans­iebestemmi­ng is nie, wag daar baie plaaslekke­rtes op Langfontei­n, die wild-skaap-en-beesplaas wat die Van den Bergs in 2004 gekoop het. “Dis eenvoudige plesiere, soos om die hoenders, al die plaasgelui­de en my gesin se voetstappe op die houtvloere te hoor.”

Vir Marliza is Kersfees ’n tyd van samesyn en mooi herinnerin­ge. Dis wanneer sy terugdink aan haar kleintyd, toe 40 tot 50 familieled­e elke jaar saamgekuie­r het. En aan haar oorlede pa, Spyker (André) Viljoen, wat so gaande was oor mooi Kersmusiek en veral die liedjies “Stille nag” en “O, Holy Night”. >>

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa