Waar werk ple­sier is

Tuis - - LESERHUIS -

Kers­fees of te nie, Lang­fon­tein is al­les be­hal­we ’n leeg­lê-plek. Dis ’n wer­ken­de plaas én gas­te­plaas met drie self­sorg­kot­hui­se. En al­mal wat hier kom af­saal, sit hand by. Vra maar vir Wic­kus en De Wet ...

“Ver­le­de jaar het ons op Ou­kers­dag in die vroeë og­gend­u­re uit P­re­to­ria ge­ry om da­rem voor don­ker op die plaas te wees,” ver­tel De Wet. “Man, ons was goed moeg toe ons hier kom. Net toe ek dink ek gaan nóú ’n bier oop­maak, sê T­hi­nus: ‘Kom, ek het han­de no­dig, die lu­sern­ba­le moet op die trok ge­laai word voor die re­ën kom.’ ”

T­hi­nus, ’n sa­ke­man, haal maar net sy skou­ers op ter­wyl die an­der oor dié her­in­ne­ring lag. Hy ry sog­gens im­mers lank voor son­op sy eer­ste draaie op die plaas, en teen die tyd dat die son na die Ka­rook­op­pies be­gin loer, is hy te­rug vir kof­fie en be­skuit saam met die res van sy ge­sin om die kom­buis­ta­fel.

“Die plaas is stil en die rit­me en at­mos­feer is baie an­ders as by die see, maar dis be­sig op ’n an­der ma­nier,” ver­dui­de­lik Mar­li­za. “Ons werk eint­lik vrek hard hier, maar daar is iets baie be­vre­di­gends aan woel op ’n plaas. Ons kry dit da­rem al be­ter reg om ’n ba­lans te hand­haaf tus­sen werk en rus; om ook die om­ge­wing, me­kaar en die huis te ge­niet, die mooi reg­tig in te neem.

“Op ’n plaas is ’n mens af­ge­son­der. Selfs in die fees­sei­soen is dit net jy en jou huismense wat be­wus is van die jaar wat ver­by is. Daar is mos nie vuur­wer­ke of toe­ters wat blaas nie. Net mis­kien ’n hoen­der­haan wat kraai ... Ons wer­skaf en kook al­mal saam. Hier moet jy werk en kook en mooi­maak met wat jy het. Ek hou din­ge so een­vou­dig moont­lik, want vir my is kook deel van die kui­er.

“Ek glo ’n mens moet die klein ple­sier­tjies el­ke dag raak­leef. En dit is mak­li­ker in ’n plek soos die Ka­roo. Hier lê die vreug­des in die om­ge­wing en jou men­se, met niks wat jou aan­dag kan af­trek nie.”

Die leef­styl op die Fran­se plat­te­land was die in­spi­ra­sie vir die kom­buis, die Van den Bergs se guns­te­ling-ver­trek. Mar­li­za pluk graag bos­se la­ven­tel so­dra hul­le op die plaas aan­kom. “Dit doen my siel goed om uit te kyk oor die pers mas­sa,” sê sy.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.