’n On­ver­wag­se oa­se

Tuis - - LESERHUIS -

Mar­li­za was nie juis in­ge­no­me toe T­hi­nus die plaas in 2004 ge­koop het nie. “Ek was dood­ge­luk­kig met my ste­de­li­ke be­staan in P­re­to­ria, hoe­wel ons daar­oor ge­sels het om Ge­or­ge toe te trek. Toe ek hoor T­hi­nus het ’n aan­bod op ’n Ka­roo­plaas ge­te­ken, was dit vir my soos ’n doods­von­nis ...”

Maar toe die Van den Bergs by Lang­fon­tein in­ry, het dié groen oa­se haar a­sem weg­ge­slaan. “Die een­voud van die huis was vir my so mooi, al was om­vat­ten­de op­knap­werk no­dig. Daar was ak­ker­bo­me, ’n dam – so ’n on­ver­wag­se oa­se en so an­ders as wat ek my die Ka­roo voor­ge­stel het. Dís die be­to­we­ring van die plek. Kam­de­boo is juis die K­hoi-woord vir groen aar­de. Dit spreek van­self.”

Die op­stal is reeds in 1860 ge­bou, en nie ’n plek waar jy som­mer met ’n tien­pond­ha­mer en kryt­verf kan in­spring om reg te maak wat pla nie. “Hier was baie werk no­dig,” ver­tel Mar­li­za. “Al die hout­werk bui­ten die vloe­re was ge­verf, van die bin­ne­deu­re en ven­ster­ra­me tot die vloer­lys­te, en die pla­fon­ne was swart ge­beits. Die ver­trek­ke was don­ker en net som­mi­ge kamers het klein ven­ster­tjies ge­had.

“Ek het die fliek Un­der the Tus­can Sun al ’n paar keer ge­kyk en ver­een­sel­wig my goed met Di­a­ne La­ne se ka­rak­ter. Ons het selfs ’n plaas­li­ke Pool­se bou­er, Con­rad Kas­per­ski van The Po­lish Way, ge­had!

“Dis vir ons al­mal baie spe­si­aal om in ’n huis met ’n ge­skie­de­nis te leef. Ons is lief vir tra­di­sie. Maar dis ter­self­der­tyd ’n ver­ant­woor­de­lik­heid om so ’n huis met die no­di­ge re­spek te re­stou­reer. Hier het so­veel men­se ge­leef en her­in­ne­rin­ge ge­maak ...” >>

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.