Tuis

Familie en vriende

-

Oor die jare was die McDonalds se huis nie net ’n dak oor hul kinders se koppe nie, maar ook ’n heenkome vir familieled­e en vriende in nood – en soms selfs vreemdelin­ge, al is dit net vir ’n maaltyd. “Ons is so geseën; ek help waar ek kan,” sê Kathy. “Ek kan nie eens onthou hoeveel keer ek al ’n behoeftige persoon langs die pad opgetel het nie – my man spot daaroor, maar hy’s bekommerd oor my veiligheid. Ek het al verneem hulle bid in die kerk om my beskerming!”

Toe hul drie kinders – Earl, Carmen en Candice – uit die huis is, het Eric voorgestel dis dalk tyd dat hulle na ’n kleiner plekkie trek. “Maar ek het my voet dwars gesit en gesê: ‘Nee, my kleinkinde­rs is nog op pad!’ ” sê Kathy laggend.

 ??  ?? Dubbeldeur­e wat op ’n skaduhoeki­e langs die huis oopmaak, bring koel lug in die eetkamer. Matte, kussing (links) en koperplant­houers van MRP Home; strooikuss­ing (regs) van Haus; koperlante­rns van Biggie Best
Dubbeldeur­e wat op ’n skaduhoeki­e langs die huis oopmaak, bring koel lug in die eetkamer. Matte, kussing (links) en koperplant­houers van MRP Home; strooikuss­ing (regs) van Haus; koperlante­rns van Biggie Best

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa