Ons droom­huis

Tuis - - LESERHUIS -

Kathy, haar t­wee broers en vier sus­ters het in ’n kre­a­tie­we huis groot­ge­word. Hul­le het goeie her­in­ne­rin­ge van hoe hul­le al­mal hul oor­le­de ma, El­len, in die huis ge­help het met die huis­hou­ding en kos­maak.

“Dis wat ons ver­hou­ding ver­ste­wig het – deur te stik, skoon te maak en in die tuin te gra­we. Maar dis ook hoe ons ge­leer het. My ma het graag mooi­ge­maak en was trots op el­ke lie­we hoe­kie wat sy in­ge­rig het,” sê Kathy. “My huis het ’n soort­ge­ly­ke styl en ek het nog baie van die meu­bels wat sy oor die ja­re by­me­kaar­ge­maak het.”

Kathy het dui­de­lik haar ma se kre­a­tie­we aan­slag ge­ërf; sy’s heel­tyd be­sig met naald­werk, al­ler­han­de kuns­vlyt­pro­jek­te en, na­tuur­lik, die huis se mooi­maak. Nog voor jy by die voor­deur in­stap, is haar kre­a­ti­wi­teit dui­de­lik te sien in die drie groot gei­tjies wat sy self met mo­sa­ïek­te­ëls in die paad­jie in­ge­bed het.

Die glas van die dub­bel­deur by die in­gang is ver­sier met ’n laag pers verf – ’n on­vol­maak­te maar vro­li­ke i­dee wat gas­te wel­kom heet. Bin­ne is ’n groot trap, sy muur tot bo by die eer­ste ver­die­ping be­hang met kuns. “As mei­sie het ek ge­droom van die per­fek­te huis met ’n def­ti­ge trap di­rek oor­kant die voor­deur – en dié trap is pre­sies wat ek al­tyd wou hê,” sê Kathy.

Haar huis is vol twee­de­hand­se vonds­te, erf­goed en skat­te uit win­kels wat lank­al hul deu­re ge­sluit het. Sy kan op haar een hand tel hoe­veel ar­ti­kels sy die af­ge­lo­pe paar jaar aan­ge­skaf het. “Wan­neer ek koop, koop ek vir al­tyd. Dis net af en toe dat ek iets sal sien wat ek bit­ter­graag wil hê. Ek koop lie­wer ’n mooi lamp of raam as ’n rok ...” >>

’n Ou krans op­ge­kik­ker met vars bloe­kom­bla­re staan prag­tig uit teen die voor­deur se pers ge­verf­de glas. ’n Groei­en­de ver­sa­me­ling kuns in ra­me lei die oog al met die trap langs na bo.

Die huis is smaak­vol in­ge­rig met flu­weel­ban­ke, kuns in swie­ri­ge ra­me en kos­ba­re erf­goed. S­trooi­kus­sings en ge­skenk­sak van Plan B Vin­ta­ge

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.