Tra­di­sie­vas

Tuis - - LESERHUIS -

“Ek is ’n reg­te plaas­mei­sie!” sê Kathy. “Wan­neer ek nie in die huis ge­help het nie, was ek en my broers en sus­ters in die tuin on­der die vrug­te­bo­me. Ons week­lik­se be­derf, waar­na ons baie uit­ge­sien het, was om oor die na­week win­kels toe te stap waar my ma vir ons elk­een ’n room­ys ge­koop het – een­vou­dig!

“So jy kan jou in­dink dat Kers­fees ’n groot ge­doen­te was met kos as die mid­del­punt. Ver­al v­leis en aar­tap­pels – die res het mak­lik on­der die ta­fel be­land vir ’n troe­tel­dier, of in ’n pot­plant!”

Dis dan geen won­der dat ’n fees­te­li­ke by­een­koms by Kathy se huis ook met v­leis be­gin nie. Die gaar­maak­pro­ses, wat sy as “lank en sta­dig” be­skryf, be­gin op Ou­kers­og­gend. “Dis ge­woon­lik ’n taam­lik vroeë be­gin; ek het in die al­ge­meen nie veel slaap no­dig nie en dié tyd van die jaar is ek in elk ge­val te op­ge­won­de!”

Die ou­er sib­be sorg vir die lam en bief (soms vark) en die jon­ge­res be­rei die tong. “Die reg­te v­leis vra ’n ou hand – ons weet nie wat die jong klomp daar­mee sal aan­vang nie en wil nie daai kans waag nie!” spot Kathy.

Ná kerk op Kers­dag kom al­mal ge­woon­lik by die M­cDo­nald-huis by­me­kaar om hul on­der­skeie ge­reg­te af te rond. “Ons moet eint­lik el­ke jaar by ie­mand an­ders eet, maar dis vir ons so lek­ker om by die huis te wees en men­se hier te ont­vang dat ons maar meest­al hier kui­er. Boon­op is ek en E­ric lui vir be­stuur; dit pas ons per­fek!”

Daar is ge­woon­lik nie ’n voor­ge­reg op die spys­kaart nie. “Al­mal wag net vir die v­leis,” ver­dui­de­lik sy. “So­dra die eer­ste stuk­ke voor­ge­sny is, neem ek dit net so in die roos­ter­pan ta­fel toe – dis ge­woon­lik ’n skep-en-ge­niet-af­fê­re.”

Mid­dag­e­te word óf op die groot eet­ka­mer­ta­fel óf buf­fet-styl voor­ge­sit. “Ons e­tes is ont­span­ne; al­mal rek en skep oor en weer en kui­er heer­lik saam.” Na­ge­reg sluit ge­woon­lik ’n pavlo­va en koek­struif in, en ag­ter­na gaan sit elk­een ag­ter­oor in sy of haar guns­te­ling­stoel.

“Die dag ein­dig met die kin­ders wat bui­te speel met hul nu­we speel­goed ter­wyl ons ont­span, sjo­ko­la­de eet en ge­san­ge sing tot die son sak ...” >>

Kloks­ge­wys van links sit Kathy en E­ric se seun Earl en sy vrou, Le­zan­ne, hul nig­gie Mo­ni­que en klein­seun Ju­an, E­ric en Kathy, hul dog­ters Can­di­ce en Car­men en klein­dog­ter Ka­te-E­mi­ly. Mes­se­goed van @ho­me

Kathy en E­ric se klein­kin­ders – Ju­an, Ka­te-E­mi­ly en Li­am (oor­kant) – maak ge­sken­ke oop in die for­me­le sit­ka­mer. Die or­na­men­te aan die boom eg­go die goue te­ma van van­jaar se fees­te­lik­he­de. “Wan­neer dit kom by te­mas, gaan ek ’n paar dae voor Kers­fees win­kel toe om te sien wat daar is en be­sluit dan wat ek wil doen. So mak­lik soos dit!” sê Kathy. “Soos ek al­tyd vir my kin­ders sê: Hoe­kom win­kels toe gaan op soek na ’n oor­pak wan­neer al­mal net je­ans aan­hou?”

Een van drie mo­sa­ïek-gei­tjies wat Kathy met die hand ge­maak het en gas­te op pad voor­deur toe groet (regs).

Die Kers­boom is ge­maak van wit ge­verf­de hout­lat­te wat al in die rond­te aan ’n tap­pen ge­ryg is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.