Tuis

Goue vrugtepons

-

Kathy-hulle maak graag ’n bevrore ponsbak wat hulle deur die loop van die dag opvul met sap en limonade. Op dié manier hou die lafenis die hele dag lank.

1 Neem ’n groot mengbak wat in jou vrieskas en jou mooiste glas-ponsbak pas, en ’n kleiner een wat binne-in pas.

2 Rangskik skyfies sitrus, bessies en eetbare blommetjie­s en kruie soos ment om die binnerand van die groter bak. Sit ’n paar ysblokkies op die groot bak se bodem en maak die kleiner bak daarop staan.

3 Vul nou die groot bak halfpad met appelsap en sit ysblokkies in die kleiner bak om as gewig te dien sodat dit nie dryf nie. Vries tot gestol. Vul dan die res van die groot bak op met sap en versier met nog vrugte en blomme. Vries oornag tot kliphard.

4 Verwyder op Kersdag versigtig die kleiner bakkie; dompel dan die groot bak vlugtig in water en vryf dit met ’n nat lap om die bevrore bak los te wikkel. 5 Sit die bevrore bak in jou glas-ponsbak en skink

limonade oor om die ponsbak op te vul. Namate die appelsap smelt, geur dit die limonade en word die pons net lekkerder. Jy kan natuurlik jou pons opvrolik met

alkoholies­e knertsies, wyn en/of gemmerbier. >>

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa