Tuis

Tong

-

Genoeg vir 8 • Bereidings­tyd: 10 minute • Gaarmaakty­d: 3–4 uur

• 1 vars of gepekelde tong van sowat 1,5kg • 1 groot ui, geskil en grofgekap • 2 knoffelhui­sies • 2 lourierbla­re • 2 heel naeltjies

1 Spoel die tong deeglik af en sit dit in ’n groot genoeg kastrol. Voeg al die ander bestanddel­e by en bedek die tong met water. Verhit tot kookpunt. Verlaag dan die hitte en laat prut vir sowat 2–3 uur met die deksel op totdat die tong gaar en sag is as jy dit met die punt van ’n skerp mes toets. Voeg in die proses nog water by indien nodig; dis belangrik dat die tong met water bedek bly terwyl dit kook.

2 Lig die tong uit die kookvloeis­tof en laat afkoel tot hanteerbaa­r. Gebruik ’n skerp messie en verwyder die vel versigtig (doen dit terwyl die tong nog warm is, dan is dit baie makliker). Sit die tong nou in ’n bak en bedek weer met kookvloeis­tof sodat dit stadig kan afkoel voor jy dit sny; sit voor met mosterd en melbaroost­erbrood.

[ MAKLIKE MIKROGOLFM­OSTERD]

Meng 30 g (80 ml) mosterdpoe­ier, 160 g (200 ml) suiker, 10 g (20 ml) meel, ’n knippie sout en 4 eiers. Klits nou geleidelik 250 ml appel-asyn by en mikrogolf saam vir 8 minute. Roer elke 2 minute met ’n ballonklit­ser deur. Geur met 15 ml bereide korrelmost­erd en swartpeper. Skep in ’n gesterilis­eerde glaspotjie en laat afkoel.

[ MELBAROOST­ERBROODSTE­RRE]

Gebruik stervormig­e koekiedruk­kers van verskillen­de groottes en druk sterre uit winkelwitb­rood. Rol die sterre plat met ’n koekroller en versprei dit op bakplate. Droog uit in die oond teen 200 °C tot bros.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa