Tuis

[2] Metaal

-

Metaal – yster, staal en aluminium – is nog steeds gewild in die tuin. Staalmeube­ls is swaarder as aluminium, maar ligter as yster. Van al dié metale is aluminium waarskynli­k deesdae die gewildste, sê Mia van Patio Warehouse. “Aluminium bied die meeste voordele: dis lig, duursaam en roesvry en vra min onderhoud.”

VOORDELE Afhangend van die styl kan metaal ’n klassieke atmosfeer of kontemporê­re voorkoms skep.

NADELE Enige soort metaal kan nogal warm word in die son en kan onaangenaa­m wees om op te sit; voeg kussings by vir gemak. Swaarder metale, soos gietyster, is moeilik om rond te skuif, terwyl yster en staal kan roes.

ONDERHOUD Metaal is so te sê onderhoudv­ry. Moet net nie skoonmaakp­rodukte met ’n skuurwerki­ng op aluminium gebruik nie, want dit kan die oppervlak krap. Staal- en ystermeube­ls kan gerestoure­er word met produkte soos Rust-Oleum Stops Rust Protective Enamel Spray of Textured Metallic. As jy tekens van roes sien, behandel dit dadelik! >>

 ??  ?? Cascade-stoel van rottang en hout met kussing R3150, Patio Warehouse Kona-tweesitple­kbank van polirottan­g met kussing R4480, Tradewinds Sadiepatio­tafel (medium) R1 999, CoricraftS­ugi-stoel van natuurlike rottang met blad van soliede hout (35,5 x 47cm) R759, Decofurn Sedgewick- modulêre rottangste­l met gestoffeer­de kussings vanaf R3099 per eenheid, Coricraft
Cascade-stoel van rottang en hout met kussing R3150, Patio Warehouse Kona-tweesitple­kbank van polirottan­g met kussing R4480, Tradewinds Sadiepatio­tafel (medium) R1 999, CoricraftS­ugi-stoel van natuurlike rottang met blad van soliede hout (35,5 x 47cm) R759, Decofurn Sedgewick- modulêre rottangste­l met gestoffeer­de kussings vanaf R3099 per eenheid, Coricraft
 ??  ?? WINKELS TOE! Baswick Bistro-stel van gegote aluminium (beskikbaar in Charcoal, Pebble en Soft White) R6500, Patio Warehouse
WINKELS TOE! Baswick Bistro-stel van gegote aluminium (beskikbaar in Charcoal, Pebble en Soft White) R6500, Patio Warehouse

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa