Tuis

[3] Hout

-

Buitemeube­ls van hardehout was vroeër jare baie duur, maar is deesdae meer bekostigba­ar – sonder verlies aan gehalte of duursaamhe­id – danksy bekostigba­re invoere. Vandag gaan die groot debat daaroor of jy hardehout natuurlik moet laat verweer tot ’n silwergrys afwerking, en of jy dit met olie of vernis moet behandel om die rooierige kleur te behou.

Die meeste vervaardig­ers beveel aan dat hul meubels met ’n geskikte olie behandel moet word en net onder ’n oordekte stoep gebruik moet word. Ander spesialise­er weer in meubels wat in wind en weer kan staan. Maak altyd seker wat die waarborg sê. “By Hope Garden Furniture gebruik ons karri (Eucalyptus

diversicol­or), ’n uitheemse houtsoort wat in Knysna verbou en verwerk word, of jarra (Eucalyptus marginata), uit Australië,” sê die eienaar, Adrian Hope. “Albei kan buite gebruik word, maar ons beveel aan dat dit elke seisoen met ’n plantolies­eep gewas word om enige organismes in die barste te neutralise­er.”

VOORDELE As jy hardehout reg onderhou, kan dit ’n leeftyd hou. NADELE As jy besluit om jou hout te olie of vernis, moet dit elke jaar gedoen word, wat arbeidsint­ensief kan wees. Selfs houtsoorte wat gelos word om natuurlik te vergrys, moet elke jaar met ’n geskikte seepproduk van die vervaardig­er skoongemaa­k word.

ONDERHOUD Hardehout kan water goed hanteer, wat ’n maklike skoonmaak-opsie bied. Volg die behandelin­gsprogram volgens die vervaardig­er se aanwysings.

 ??  ?? Zimbabwies­e kiaat, Indonesies­e kiaat, karri, jarra en keruing. Algemene houtsoorte wat in Suid-Afrika vir buitemeube­ls gebruik word:
Zimbabwies­e kiaat, Indonesies­e kiaat, karri, jarra en keruing. Algemene houtsoorte wat in Suid-Afrika vir buitemeube­ls gebruik word:
 ??  ?? TOPWENK] Buiten olie en vernis kan jy jou hout ook met enige kleur verf versier vir ’n vars nuwe voorkoms; gebruik ’n waterbasis-emalje vir buitegebru­ik om die beste resultaat te verseker. [ As jy verkies om jou meubels net so te behou nadat dit grys verkleur het, skuur dit net liggies met skuurpapie­r (120–240-grint) en wend daarna hardehout-olie aan.
TOPWENK] Buiten olie en vernis kan jy jou hout ook met enige kleur verf versier vir ’n vars nuwe voorkoms; gebruik ’n waterbasis-emalje vir buitegebru­ik om die beste resultaat te verseker. [ As jy verkies om jou meubels net so te behou nadat dit grys verkleur het, skuur dit net liggies met skuurpapie­r (120–240-grint) en wend daarna hardehout-olie aan.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa