Tuis

Wat is polibeton?

-

Betontipe produkte met ’n lae massa, soos polibeton met ’n harsbasis, bestaan uit ’n mengsel van polimeerha­rs en ’n verskeiden­heid vullers wat wissel van growwe sand tot fyn poeiers versterk met glasvesel-stringe, verduideli­k Britt Youens van Igneous, wat in dié soort meubels en plantpotte spesialise­er. “Die mengsel wissel volgens die gewig en kompleksit­eit van die gietvorm en kan in enige kleur getint word. Sodra dit gegiet is, word die produk bedek met ’n poliëster-bolaag wat in dieselfde kleur as die kernmateri­aal getint is.”

Elke item in die reeks weeg ongeveer die helfte soveel soos iets soortgelyk­s van tradisione­le sementagti­ge beton,” sê Britt. “Items wat van glasvesel-versterkte polibeton gemaak is, is tussen 66% en 75% ligter as dié van tradisione­le sementagti­ge beton. Dit het ’n beduidende invloed op die gebruik van dié meubels op vragdraend­e strukture. Nogtans is sulke meubels steeds relatief swaar en daarom ook bestand teen sterk wind.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa