Sag en sier­lik

Kies die reg­te bui­tel­ap

Tuis - - TUINMEUBELS -

Die mees­te bui­te­meu­bels, het­sy hout of me­taal, sit ge­mak­li­ker met ’n paar kus­sings. Die toe­ne­men­de vraag na bui­tel­ap is ’n uit­vloei­sel van die bui­te­leef­styl, wat dank­sy ten vol­le ge­stof­feer­de bui­te­meu­bels nu­we hoog­tes be­reik. “Daar is tal­le op­sies om van te kies – van bui­te-flu­weel, kuns­leer en che­nil­le tot jacquard en be­druk­te stow­we in ’n groot ver­skei­den­heid ont­wer­pe, tra­di­si­o­neel én kon­tem­po­rêr,” sê Ju­ne da Sil­va van Her­tex. VOOR­DE­LE Lap skep die ge­voel van weel­de en van die stow­we is vlek­be­stand, wat dit i­de­aal maak vir bloot­stel­ling aan vol­son. Dis meest­al ook wa­ter­we­rend en ui­ters kleur­vas. Die in­ter­na­si­o­na­le han­dels­merk Sun­brel­la Fa­bri­cs is jou bes­te op­sie en word selfs op bo­te ge­bruik, maar dis aan die duur kant! NADELE Selfs al is lap ont­werp vir bui­te­ge­bruik, moet kus­sings liefs in­ge­bring word wan­neer dit nie in ge­bruik is nie. Die druk­werk is nie meer lig­vas as an­der stow­we nie en moe­nie heel­tyd aan di­rek­te son­lig bloot­ge­stel word nie. ON­DER­HOUD Was en stof­suig dit ge­reeld om­dat muf kan vorm op stof wat aan die lap kleef, al het dit ’n muf­we­ren­de af­wer­king. ONT­HOU As dit by bui­te­meu­bels kom, speel die skuim wat vir die kus­sings ge­bruik word ook ’n rol, sê Mia van Pa­tio Wa­re­hou­se. “Dank­sy nu­we teg­no­lo­gie laat ek­stra­groot oop sel­le mak­si­mum drei­ne­ring en lug­sir­ku­la­sie toe so­dat wa­ter vin­ni­ger kan deur­sy­pel en ge­stof­feer­de meu­bels gou­er kan droog word. Kyk uit vir ’n e­ti­ket wat sê “quick dry fo­am”.

[ TOPWENK]

Ont­hou, wa­ter wat op die lap val, kan steeds die kus­sing daar­bin­ne bin­ne­dring en dit vrot of muf maak, so moet liefs nie kus­sings bui­te in die re­ën los nie – dit sal hul leef­tyd ver­kort.

Ge­stof­feer­de meu­bels is nie meer be­perk tot bin­ne die huis nie; dank­sy vor­de­ring in die ver­vaar­di­ging van bui­tel­ap kan jy dit nou ook op stoe­pe en selfs in die tuin ge­bruik.

3 Mar­bel­la-rus­bank­stel met a­lu­mi­ni­um-en-har­de­hout­ba­sis saam met pre­mi­um­graad bui­te­kus­sings R13990, MØN Ex­te­ri­ors1 Ho­me Sand 1047/92 (150cm) R414/m, Vel­vet Pro­ducts 2 S­cript Oil (140cm) R197/m, Big­gie Be­st3 Pro­me­na­de Me­di­ter­ra­ne­an (140cm) R713/m, Her­tex4 Mo­na 01 (140cm) van U&G Fa­bri­cs R639/m, fa­bri­csu­per­sto­re.co.za5 Mo­saic Gla­cier (140cm), Sun­brel­la R1518/m, fa­bri­csu­per­sto­re.co.za

Co­zy-twee­sit­plek­bank met a­lu­mi­ni­um­raam en bui­te­skuim en -lap R13280, Pa­tio Wa­re­hou­se Sit­sak oor­ge­trek met op­los­sing-ge­kleur­de pa­ra­sol-po­li­ës­ter R750–R1500, Tra­de­winds

Ti­a­ra-stoel met a­lu­mi­ni­um­raam ge­stof­feer in UV-be­stan­de Sun­brel­la-lap R7900, Pa­tio Wa­re­hou­se

4

5

1

2

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.