Tuis

In die donker

-

Lucia Roberts van Vereenigin­g skryf Ons het ’n binnehof wat ons graag meer dikwels saans wil gebruik, maar daar is nie ligte in die ruimte nie. Ons het daarom geen ander keuse as om elke keer kerse of lampe uit te dra as ons daar kuier nie. Ons sou so graag iets meer permanents wil hê. Die ruimte is blootgeste­l aan die elemente en enige ligtoebeho­re moet dus bestand wees teen die reën, son en wind. Het julle enige goeie idees vir ons?

Eben Kruger, bemarkings­bestuurder by Eurolux, antwoord Buiteruimt­es vereis praktiese beligting. Wat jy nodig het, is ligte wat die elemente kan trotseer. Skotligte (sien voorbeelde regs) is jou beste opsie omdat dit meestal van aluminium gemaak is en stof, water en sonlig dit nie kan beskadig nie. Dié ligte is nie net prakties nie, dis ook te kry in verskeie ontwerpe wat mooi by enige huis se buite-ontwerp sal inskakel. >>

KONTAK eurolux.co.za

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa