Tuis

Mpho Vackier van DesignPeo stel voor

-

Gebruik die ekstra spasie wat julle wen deur die mure uit te breek om ’n groot eiland in te sit, en skep goed afgebakend­e leefruimte­s daarrondom.

1 Brei die kombuis uit met ’n lang eiland waarin heelwat pakplek ingebou is – dit vergoed vir die kasspasie wat julle verloor wanneer die kombuismur­e uitgebreek is. Met ’n groot eiland kan meer as een mens ook kos berei, en dis boonop ’n gesellige kuierplek wanneer julle onthaal. Hierdie uitleg is eenvoudig en prakties – dit skep reguit bewegingsl­yne tussen die stoof, yskas en wasbak.

2 Plaas die eetkamerta­fel naby die kombuis vir maklike beweging tussen die twee ruimtes. Terwyl die gesin hul informele etes by die toonbank aan een kant van die eiland kan geniet, laat die ruimte julle toe om ’n groot tafel daar naby te plaas vir wanneer meer mense saamkuier. 3 Rig die sitgedeelt­e rondom die kaggel in – perfek vir ontspan ná ete. 4 Omskep die bestaande studeerkam­er in ’n speelkamer. Sodoende bly jy deel van wat ook al in die res van die oopplanrui­mte gebeur terwyl jy in die kombuis besig is – ’n groot voordeel, veral as jy kinders het.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa